Items per datum gefilter: Maart 2019

Nou onlangs stamp Chris van Zyl en Deon Huysamen koppe op Facebook oor “kop aan kop” vs. “kop teen kop”. Ek som die gesprek rofweg in hulle eie woorde op:

Deon glo in die reëls van die taal: “Ek ken my taal, die twee perde hardloop kop aan kop oor die wenstreep. Die twee karre bots kop teen kop. Dit is selfs logies. Julle skok my! Taal het formele reëls wat betekenis moet aandui, daarom moet terme en uitdrukkings korrek gebruik word.”

(Ek tjirp wysneusig nog tussendeur dat “nek aan nek” ook dikwels gebruik word om na gelyklopende entiteite te verwys.)

Chris, aan die ander kant, dink die taalboeke en taalgebruikers praat uit twee monde: “Boekekennis en spreektaal in die volksmond is so ver van mekaar verwyder soos die uitspansel. Gaan vra enigiemand op straat hoe ʼn ongeluk gebeur het: Hulle sal sê dit was kop aan kop, nie kop teen kop nie.”

Wie moet ons glo: Deon en sy reëls, of Chris en sy volksmond?

Sadilar IYIL2019Deur taal kommunikeer ons met die wêreld. Deur taal definieer ons identiteit. Deur taal druk ons geskiedenis en kultuur uit. Deur taal verdedig ons menseregte. Deur taal neem ons deel aan alle aspekte van die samelewing ... Deur taal bewaar mense die geskiedenis van hul gemeenskap, gebruike, tradisies, hul geheue, unieke denkwyses, betekenis en uitdrukking. Ons gebruik taal om ons toekoms te konstrueer. Vir die beskerming van menseregte, goeie bestuur, vrede, versoening en volhoubare ontwikkeling is taal deurslaggewend.

So word die Internasionale Jaar van Inheemse Tale (#IYIL2019) op die amptelike webblad van die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) ingelei.

Hoe vier ons #IYIL2019 in Suid-Afrika? 

Kersopsteek by SADiLaR lyk vir my na ’n goeie begin.

Ek kry dikwels navrae oor retoriese middele (op die trant van: "Tannie, wat noem ʼn mens dit as skrywers verkeerde goed met mekaar vergelyk?" en wat ek dan moet vertaal na "'n uitspraak wat aanvanklik lyk of dit 'n teenstrydigheid bevat, maar by nader beskouing tog versoenbaar is"), wat my gewoonlik in ʼn koue sweet laat uitslaan. Sien, ek is ʼn taalkundige van opleiding en ʼn taalpraktisyn van nering. Letterkunde het my nog altyd ore aangesit. Ek het waardering vir die kuns – baie – maar min vaardigheid om dit te ontsyfer. Linkerbreindilemmas.

Om dié rede het ek nie aandag gegee in die lesings waarin retoriese middele bespreek is nie. Tot my skande en my spyt is ek dus deesdae net so in die donker as die jong navraers, en ek moet altyd naarstiglik begin rondsoek na hulp.

Verlede week vra Ronel in ʼn Facebookgroep hoe ʼn mens die “tele-“ van “teleskoop”, “televisie” en “telefoon” uitspreek. Twee kwessies is hier ter vrage: hoe die eerste <e> klink en waar die klemtoon in die woord geplaas moet word. Ek gebruik “telefoon” as voorbeeld.

Selwers dink ek dat ek altyd laat waai met [tae-lî-fOOn] (die hoofletters dui aan waar die klem val en die [î] klink soos in “kind”). Sien, ek het groot geraak in die Noordwes en ons praat mos van [tsjAE-kîrs] (in plaas van die meer verfynde [tsjÊ-kîrs] vir “Checkers”), [tAE-kies] (in plaas van [tÊ-kies] vir snolskoene) en [saeks] (in plaas van [sêks] vir die daad wat jy nié in Checkers met net jou snolskoene aan moet pleeg nie).

In ʼn blitsopname op Facebook en Twitter, blyk dit dat my noordwestelike uitspraak redelik algemeen is. Amper 75% van die mense dink hulle spreek daardie eerste <e> uit as [ae], maar 70% sê dat hulle die klem op die eerste sillabe en nie op die laaste ene nie. Dus, die meeste respondente dink hulle spreek die woord uit as [tAE-lî-foon].

Antjie en kie

Vrydag 08 Maart 2019 07:37

By die 20ste US Woordfees gesels Deon Meyer vandeesweek met die Yslandse speurverhaal- en kinderboekskrywer Yrsa Sigurðardóttir. Onder meer oor haar voorliefde vir gruwelverhale. Is dit nie ’n bietjie vreemd nie?

Nee. Yrsa lag, en meningspeilings bevestig: In Ysland met sy vulkane, kouer as koud, in dié ylbevolkte land met sy lang, donker nagte, glo meer as die helfte van die bevolking – vandag nog – aan die bestaan van elwe, trolle en ander bonatuurlike wesens.

Joodse Afrikaans

Donderdag 07 Maart 2019 23:48

Tale is almal gemoedelike diewe. Hulle is soos jou vriendelike buurman wat elke Saterdag jou grassnyer leen, tot julle naderhand albei vergeet het wie oorspronklik die grassnyer aangekoop het. Ná jare begin jy selfs jou buurman vra of jy asseblief jou eie grassnyer kan gebruik.

Dán word dit behoorlik verplebber

Vrydag 01 Maart 2019 07:00

Die befaamde a cappella-vyftal Pentatonix het ʼn week of wat gelede hulle nuutste oormaaksel op YouTube bekend gestel: The sound of silence van Paul Simon en Art Garfunkel. Die video is in minder as tien dae reeds meer as sewe miljoen keer bekyk.

Merk ʼn vriendin van my op: “Hulle verkerk ook al wat ʼn popliedjie is!”

“Verkerk” kry jy nie in ʼn woordeboek nie, maar as jy Pentatonix se musiek ken, dan weet jy dadelik wat sy bedoel. Al hulle musiek klink mos maar dieselfde, soos hallelujaliedjies. Pragtig, maar almal met dieselfde gewydheid wat eerder op ʼn harde kerkbank as ʼn dansvloer hoort.

RSS-VOERE

Is jy 'n groentjie as dit oor RSS-voere gaan? Laai ons blitsgids af om jou te help.

NUUSARGIEF

FACEBOOK